Koali Studio
 (0)

Shop

MY STORIE - Verpersoonlikte Boekie

Category:
Personalised Book
Price:
R 250.00
{{variant.name}}:
{{opt.name}}
{{opt.value ? '' : opt.name}}
{{opt.value ? '' : opt.name}}
Description

Ontmoet die storieboek wat jou kleinding se gunsteling boek gaan word!
 

Hoekom? Omdat jou kleinding die hoofkarakter is!

Hierdie unieke boek vertel die mooiste storie van alles... húlle eie verhaal.
 

Elke boek word met liefde verpersoonlik en vertel die verhaal van jou kind se lewe, van die besonderse dag van geboorte af. Met pragtige illustrasies, kosbare herinneringe, gedigte en inspirerende Bybelverse word elke bladsy ’n viering van die geskenk wat jou kleinding is.
 

Wat maak hierdie boek so spesiaal?
 

  • Gedruk as ’n A5 sagteband-fotoboek van hoë gehalte
  • Volledig verpersoonlik met jou gesin se besonderhede
  • Sluit Mamma, Pappa en ander geliefde gesinslede in
  • Vertel jou kleinding se unieke geboorteverhaal
  • ’n Kosbare herinneringsboek vir jare se saamlees
     

As ’n ekstra spesiale aanraking sluit ons ook ’n persoonlike boodskap van Mamma, Pappa of Ouma en Oupa in. Hierdie boodskap word deel van die boek sodat jou kleinding eendag weer daarna kan terugkeer en die liefde daarin kan herlees.
 

Hierdie boek is meer as net ’n storie. Dit is ’n kosbare aandenking wat kinders, ouers en grootouers saam kan geniet en koester.
 

Wenke vir die invul van jou besonderhede
 

  • Gebruik asseblief hoofletters waar nodig.
  • Maak seker dat leestekens korrek gebruik word.
  • Ons lees elke storie deur en sal waar nodig sinne netjies formuleer.
  • Let asseblief daarop dat ons nie spelling of die inhoud van jou antwoorde verander nie. Maak daarom seker dat alle name, datums en spelling korrek is voordat jy jou bestelling indien.
     

Belangrike kennisgewing
 

Omdat elke boek individueel verpersoonlik word, neem produksie gewoonlik tussen 21 en 27 werksdae.

 

Koerier
 

Neem asb kennis dat Koerier vir die boekie se koste is R149

 

Name *
Email *
Message *